Wednesday 10 August 2016

Afrikaans in ons kerkie

Wie het geweet dat ons hier in St Patricks ook Afrikaanse dienste het?

Die St Patricks gemeenskap strewe om 'n inklusiewe  vergaderplekkie te wees waar ons, ons liefde vir die Here kan uitleef in ons moedertale, wat dit ook al mag wees! So hierdie Sondag was dit die beurt om so bietjie in Afrikaans te aanbid.

Ons is baie bevoorreg om Ds Leon Van Niekerk te he wat elke paar Sondae opkom na die "Mountain" om ons in Afrikaans te kom bedien. Sy preek hierdie Sondag het ons gedwing om te kyk hoe God ons liefde vir Hom en vir ons naaste toets. Dit is maklik om vir mense lief te wees onder maklike omstandighede, maar wat van as ons daar moet wees onder moeiliker, ongemaklike omstandighede? Waar is ons dan?


Die volgende Afrikaanse diens is Sondag die 2de October.

No comments:

Post a Comment